Welcome to my blog!

Here you will find lots of truth, opinion and emotion which I express through writing. I hope you enjoy reading my pieces!

(Please note that nothing is edited, so there might be mistakes when it comes to grammar.)


Monday 11 July 2011

Skatte

Magteloos lê hy voor my op die gras. Vuil en vol bloed. Vrees in sy oë maak dat hy heeltyd na my staar. Hy is benoud en hy sukkel om asem te kry. Hy probeer praat, maar kreun eerder en gee dan op. Hy probeer sy bene optrek, maar laat val dit net weer sodra hy dit effens regkry. Die ritmiese rooi en blou ligte verblind hom.

Om ons kan jy die mense sien wemel soos by 'n klompie padstalletjies oppad na 'n vakansiedorp. Groepies hier en groepies daar. By elke groepie mense lê nog iemand- magteloos. Vuil en vol bloed. Sommiges geroof van hul laaste kans tot 'n pragtige sonsopkoms na 'n helder sterrenag.

Die koue wind en gekriek van krieke is nie genoeg rede vir almal om huis toe te gaan en verder te slaap nie. Nee. Mense wil eerder kom kyk en veroordeel. "Kry vir jou, jou slegte mens!" En verder aan sê 'n pappa aan sy kind, "Hy verdien die dood!" Besef hierdie mense dan nie wat hulle sê nie? Die pappa verdien die dood net soos almal wat wemel en die res van die mense wat rustig slaap regoor die wêreld.

Hy kreun weer van pyn. Steeds haal hy nie sy oë van my af nie. Dit ìs toe my bruin leer baadjie wat hy aanhet. Dit was 'n geskenk. Nou is dit geskeur en geskiet. Dit dra steeds die reuk van leer, maar nou ook die reuk van bloed.

Ek onthou hoe ek geleer het van skatte in die hemel. Niks op aarde tel nie. Jy ken seker daai storie. Hierdie skat het 'n baadjie aangetrek omdat hy koud gekry het. Vir hom is die hitte meer werd as die geld wat daarop spandeer is. Geen geld kan hitte koop nie. Geen geld kan skatte in die hemel koop nie. Die baadjie is so vroulik en elegant. Dis fyn afgewerk. Dit beklee 'n jong seun se klein borsie, gekneus deur paar skote.

Vroëer het hy en paar ander my wakkergemaak met 'n klein liggie, waar ek rustig geslaap het. Onverwags het ek wakker geword met die besef dat ek magteloos voel! Ek het wel magteloos gevoel, maar was oorweldig met die gedagte dat ek skoon is, omvou met die bloed van die Een vir wie ons skatte in die hemel bymekaarmaak.

by Letitia Claassen on Tuesday, September 22, 2009 at 12:10am

No comments:

Post a Comment